Wat is die dOra?
Orania SakekamerWat is die Ora?
Die Ora is alombekend as Orania se eie ruilhandelmiddel. Die Ora is nie 'n geldeenheid nie, maar eerder 'n koepon. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verbied die skep van enige ander monetêre stelsels binne die grense van Suid-Afrika, sodat daar nie kompetisie vir die Rand is nie. Die Ora is dus 'n koeponstelsel wat gerugsteun word deur geld in die bank. Die verhouding is tans 1:1 of R1 = ϕ1.
Wat is die dOra?
Die dOra is ‘n digitale weergawe van die Ora wat die gebruik van Ora’s in die Orania ekonomie meer vergemaklik. Die dOra maak elektroniese transaksies moontlik d.m.v 'n selfoon-toep wat 'n gebruiker toelaat om betalings te maak sonder om kontant by hom/haar te hê. Die toep is vrylik beskikbaar op Android en iPhone.
Wat is die voordele vir Orania?
- Stimuleer die plaaslike ekonomie deurdat Ora’s digitaal in die gemeenskap sirkuleer.
- Baie veilig! Jou dOra’s word rondgedra in ‘n elektroniese beursie wat nie verlore of gesteel kan word nie.
- Geen bankkoste op transaksies!
- Maklik en vinnig!
- dOra’s word gerugsteun deur die Ora’s wat veilig by OSK lê en rente verdien. Die rente opbrengs word deur die Orania Sakekamer weer teruggeploeg in die Orania ekonomie.
Hoe skakel ek in?
01. INDIVIDUE
Enige individu kan die dOra toep aflaai en dOra’s begin gebruik. Selfs in jou besigheid kan jy jou persoonlike dOra beursie gebruik.
02. BESIGHEDE
Registreer as ‘n besigheid wat dOra’s aanvaar en ontvang ‘n beginnerspakket met bemarkingsmateriaal. Verder word jou besigheid gelys op die toep waar mense hul geld kan spandeer!
03. HANDELAAR
‘n Handelaar is ‘n besigheid wat kontant ruil vir dOra’s en dOra’s ruil vir kontant. Kontak ons gerus as u besigheid potensiaal het om ‘n handelaar te word.